Kom ons raak Wilder as die Wildtuin!!

May 12, 2011 by Muisnes Meraai

Ek het gisteraand my eerste GIRLSNIGHT in NuBar beleef…  ‘n Groep vriendinne is stiptelik om 18:49 by die koshuis se voordeur uit, oppad Cubanna toe om ‘n suksesvolle funksie te gaan vier. Daarna het ons besluit, dat aangesien NuBar oor 5 min oopmaak, ons toe sommer daar ‘n draai sal gaan maak. En boy, oh boy.

 

So, ek weet ‘n mens maak gewoontlik (jammer my Afikaanse dosent, ek weet nogsteeds nie of daar ‘n “t” in gewoonTlik is nie, ek sit hom maar in vir jou) ‘n kuierplek toe, maar ons oor-ywerige eerstejaars het hom toe sommer OOP gemaak. Die shots is R1. Come on?! Sjoe, party van die meisies doen sommer 25 op ‘n slag.

 

Yes well. Gisteraand was ek willer as die wildtuin saam met my nuut gevormde vriendnne, en vanoggend wil ek soos ‘n huiskat net bly le!!

 

Ek het tienuur opgestaan, my koshuis kamer ge-springclean en my kas reggepak! Dalk is daar tog iets goed uit so ‘n aand se rowwe kuier! Ek wil net vir my ma se, as sy dit ooit lees, ek bank nie klasse nie, ek’t als af tot na lunch. Dan gaan ek die wereld weer face 🙂

 

Ek dink ek gaan nou maar begin leer. Ek voel amped?! Weird, but hey, kom ek kla nie??? Ek begin eers die 26ste met Eksamen… Uhm, dit beteken dat ek nie gaan kan Wacky Wine nie. En ons boer met wyndruiwe? Ek.hou.van.wyn.

 

Nie soos al hierdie stadsjapies wat nou ewe skielik net op wyntoere wil gaan nie! Hel, hulle weet nie eers wat is die verskil tussen ‘n droee en ‘n soet wyn nie? Solank dit lekker proe en hulle donk maak?

 

By the way, ekt nie vergeet van my quotes nie!! Hierdie een het baie sentimentele waarde vir my: “It must’ve been love, but it’s over now. It must’ve been good, but we’ve lost it somehow” – ROXETTE (hench waar ek dinsdagaand was?)-maar ek het haar CD oukei….. Ek dink daardie is ‘n baie goeie line vir as iemand opbreek. Nie dat ek dit op jou sal gebruik nie Liefie!

I told you honey, second best aint my thing.

I wanna kiss you like we invented it!

Dis so maklik om vir die eertse keer lief te kry, maar dis so moeilik om oor daardie eertse liefde te kom.

 

Baie sterkte met jou voorbereiding vir die eksamen wat voorle liewe leser!

xx


No Comments »

No comments yet.

RSS feed for comments on this post. TrackBack URL

Leave a comment

*

    Sosiale netwerke
    PLakkerwolk
    PLaksels uit die verlede