Nuwe boek? Nee net ‘n nuwe hoofstuk

May 1, 2011 by KoffieMo!

Meeste van ons droom al vir ‘n hele klompie jare oor universiteit (en meer belangrik, Matieland!! 😉 ) en ek glo ook dat daar baie van ons is wat gedink het universiteit is die plek waar ons met ‘n nuwe boek sal kan begin, waar ons kan verander wie ons was, ‘n nuwe status kan kry en net kan wees wie ons wil wees. Die probleem is, ons weet soms nie hoe om te wees wie ons wil wees nie en ons weet dalk selfs nie eers wie ons regtig wil wees nie…

Dit voel soms soveel makliker om net saam met die stroom te gaan, as om los te breek en te sê: “Hier is ek, dit is wie ek is!” en dit is nie net sleg om nie jouself te wees nie, om “in” te wees het ook “perks,” maar meeste daarvan is leë vriendskappe en liefde lose liefde. Ons gebruik die verskoning van “ons is bang” of “ons wil nie seer kry nie” as die rede hoekom ons nie onsself is nie, maar ek dink die rede is eenvoudig ons dink nie daar is enige iemand soos ons nie, wat waar is, maar dit is die prag van ‘n egte vriendskap, liefde vir mekaar sonder om mekaar te wees. Daar is iemand daar buite wat my en jou gaan aanvaar nes ons is, maar vir daardie persoon om daardie geleentheid te kry, moet ons ons ware kleure aan Stellenbosch wys, want anders sal mense jóú nie lief hê nie, maar die persoon wat jy voorgee om te wees.

Dalk, net dalk, hoef ons nie nou met ‘n hele nuwe boek te begin nie, dalk het ons vir die afgelope 12 + jaar geword wie ons wil wees, want daar waar ons laas jaar en die jaar voor dit was, het ons geliefdes om ons gehad, onderwysers, ouers, vriende, almal wat bygedra het tot die vorming van wie jy was op skool en as hulle almal dink jy was ‘n goeie mens en jy was gelukkig, hoekom dan verander net omdat jy uit die huis is?

 Ons sit by ‘n wonderlike universiteit met wonderlike geleenthede, maar dit is nie nodig vir ‘n nuwe boek nie, net ‘ n nuwe hoofstuk. Wees die persoon waarmee jy tevrede is en waarop jy kan trots wees.

Quote van die week: “Why try so hard to fit in, when you were born to stand out?”


1 Comment »
  1. Wow, pretty deep! Maar dis waar! Ek smag na vriende wat jou aanvaar vir wie jy is, voor wie jy nie hoef aan te sit nie.

    Comment by Me! — May 1, 2011 @ 10:29

RSS feed for comments on this post. TrackBack URL

Leave a comment

*

    Sosiale netwerke
    PLakkerwolk
    PLaksels uit die verlede