….lyk vir my na printer probleme :(

July 28, 2010 by Goliat

Ek het laasweek ‘n topic geskryf oor die nuwe printer stelsel in Humarga en Fharga, en ek moet ongelukkig sê: dit het nie by daai topic geëindig nie… Ek sit op die oomblik in Humarga naby die printers en dit lyk soos Langstraat in spitstyd (die kapenaars sal weet). Hier was selfs ‘n student voor my wat ‘n angs aanval begin kry het weens ‘n projek wat nou moet in wees.

Die nuwe printers is ideaal in alle opsigte behalwe een……. dit vat BAIE lank om ‘n massa mense te akkomodeer met een printer, dis reg, een printer. Die ander is almal BUITE WERKING!!!!???? Al wat mens dan kan vra is hoekom?


1 Comment »
  1. So, dit is nou 2013 en die printer probleme is steeeeeeds nie opgelos nie. Dalk moet ons terug gaan na pen op papier…. Of net vasbyt. Darem nie meer vir lank nie. 2009 n plakker… Als verander, maar die printers, ai, dis n ander storie! En volgende jaar begin ons oor as plakkers in n ander boek.

    Comment by fudge — April 11, 2013 @ 19:21

RSS feed for comments on this post. TrackBack URL

Leave a comment

*

    Sosiale netwerke
    PLakkerwolk
    PLaksels uit die verlede