Varkgriep Vs Sêr

July 29, 2009 by fudge

Hallo almal!

 Ek oefen nou al vir 3 weke lank baie hard sêr… klem op die HARD! En omdat ons so hard gewerk het het die SR besluit om vir ons ‘n bottel OBS te gee… Ek het geen probleem daarmee gesien nie en ons het in die bottel ingevaar ( dit was ‘n groot bottel). Ongelukkig het ons elkeen nie ons eie glase gehad nie en dus was dit ‘n goeie geleentheid vir kieme om te versprei!

Nou voel ek soos ‘n varkgrieplyer! Die ander Sêrlede lyk ook nie te vars nie, so ek hoop maar dit raak vinnig beter. Ek gebruik op die oomblik 7 verskillende medikasies om myself gesond te kry vir die groot dag… Kom ons hoop dit werk.

Oh ja julle, sêr gaan awsome wees die jaar (as almal gesond is) so ek hoop ek sien julle daar.

Vrede 😉


2 Comments »
  1. Onthou net die doel van ‘n snesie soos aangedui in die infos klas 112. Ek het persoonlik iets teen mense wat so optimisties is, dat hulle glo hulle die zambesie rivier kan maak verdwyn.

    Comment by Goliat — July 31, 2009 @ 14:15

  2. 🙂 Long time ago………..

    Comment by fudge — April 11, 2013 @ 19:12

RSS feed for comments on this post. TrackBack URL

Leave a comment

*

    Sosiale netwerke
    PLakkerwolk
    PLaksels uit die verlede